Saturday, 5 June 2010
MMC 2010 DVD Box Set Available
Hi there friends in Jesus
I have just seen the DVD box sets in CNA as well on the Shalom Website (see link below) where it is selling for R250. The only way to somewhat experience what we experienced is watching these DVD's. The only thing that is not possible to experience is over 500,000 men saying AMEN !
Weblinks
http://shalom.shop.wedo.co.za/cgi-bin/static.shop.cgi?dynamic=1&d=shop_browse&page=browse&category_uid=7568F554-E6DA-11DD-85CF-CCB0D0287E81&t=shop&featured=1
Mighty Men 2010 . . . nou is die tyd!
“Now is the time to Worship, time for your live to shine.
One day every tongue will confess HIM as GOD and -
every knee will bow, now is the time to give your heart.
It’s time for the Kingdom of our GOD to be revealed;”
Mens sien nog steeds hoe duisende der duisende mans saam vergader
jy voel die hoender-vleis aan jou lyf . . . jy weet GOD is wérklik daar!
Elke siel word deur HOM op een of ander wyse krágtig aangeraak . . .
jy weet dat die Duiwel sidder . . . jy sien met jou eie oë dis regtig waar!
Ek hoor nog die stemme van der-duisende manne
wat weergalm tot daar ver oor berge en oor klowe!
Ek sien nog hoe geharde-manne om my verbrokkel
en hulle stukkende harte in trane aan GOD belowe!
Daar was ‘n gewyde-atmosfeer . . so asof die HERE
rondom en binne mens is . . .ek kan dit nie beskryf!
Genadiglik kon ek dit self ervaar . . . dit self belewe
‘n wonderlike gevoel aan jou eie siel en aan jou lyf!
Ek sien hoe GOD ‘n gewone ou-man met ‘n hoed
en met sy Bybel gebruik om met manne te praat.
Ek het dit self aanskou wat se diepe nalatingskap
het dit op vele manne se lewens en harte gelaat!
Donker wolke het swáár oor die landskap gehang
maar deur opreg te bid het GOD géén reën beloof.
Die wind was stil . . . die wolke deur HOM verseël
vertoning deur GOD, waar mens bid in die Geloof!
Pa’s en seuns vind weer mekaar, verenig voor GOD
en besef weer opnuut wat die VADER van jou vereis!
Een, o nee selfs ‘n tweede hart-aanval daar in die veld
maar daarmee wou GOD aan almal SY Almag bewys!
Ons moet ons mense waarsku . . . dis tyd om te verander
as die Wagters op die mure moet ons die trompette blaas!
Suid-Afrika moet weet daar is regtig Hoop vir die toekoms
Satan hou maar op met jou verwoesting . . . en al jou geraas!
Maar ek wil vandag vir U sê HERE . . . luister asseblief na my
skenk my U Genade . . . maar ek wil U onvoorwaardelik dien!
Ek wil nooit weer omkyk nie . . . my ploegvore moet reguit loop
die wêreld móét dit weet . . . almal moet dit aan my lewe kan sien!
GERT FOURIE
Mighty Men Conference – 2010 (Deur Oom Gert Fourie)
Hierdie was die 7de en laaste Mighty Men wat op Oom Angus Buchan se plaas te Greytown aangebied was. Persoonlik was dit my eerste Mighty Men wat ek bygewoon het. Ek het nie vooruit beplan om te gaan nie aangesien die verkeers-probleme my nog altyd ‘n bietjie afgeskrik het. Op ‘n baie laat stadium het my seun my geskakel en gevra of ek nie wil saam gaan nie, iemand het hom gevra om 5 kaartjies oor te neem. Goed, ek, my seun (Hendro), my kleinkind (Viandre - 7jr oud), my seun se swaer Christo en Robert ‘n vriend van hulle sou die volgende oggend (Vrydag) so by 5h00 met my seun se Land Rover en sleepwaentjie (met ons tent, slaapgoed en gasbraai en al) in die pad val.
Min het ons geweet dat die Duiwel ons nie graag daar wou hê nie, en kon ons na ure se gespook met die bedrading van die sleepwaentjie, eers 8h00 die pad aandurf (± 560 Kilometer). Sowat 20km vanaf die plaas af, bars daar toe sowaar ‘n wiel van die sleepwaentjie en moes ons in die gevaar van baie stof en honderde voertuie op dieselfde pad die wieletjie omruil. (Selfs die pad terug huistoe was ook nie sonder sy probleme nie, die sleepwaentjie het nog ‘n probleem-wiel opgelewer en die Land Rover se koppelaar het ook moeilikheid gegee).
Goed, uiteindelik was ons daar, maar mense wat ‘n ervaring, ek sal die gesig nooit vergeet nie! Ek het in my hele lewe nog nooit soveel duisende der duisende mense (almal mans) en duisende voertuie en duisende tente by mekaar gesien nie! Ons het gehoor dat daar ook mense vanaf oral oor die hele wêreld teenwoordig was. Ek was ook verskriklik beïndruk met die gehalte van die klank en beeld-toerusting sommer netso daar in die veld! Daar was ‘n netjiese verhoog opgerig, met duisende en duisende bale voer wat gedien het as sitplekke (dit was nogtans ook hopeloos te min). Daar was 7 beeldskerms wat wydverspreid was (seker maklik 100m uit- mekaar) wat dit vir almal maklik gemaak het om alles te kon aanskou. Die skerms was almal masief-groot waarvan net een skerm meer as 2.5 miljoen LED’s bevat het. Mense hiedie skerms het net met een-woord ‘n fantastiese beeld. Daar was ook ‘n aparte skerm tot diens van die dowes. Die klank stelselsels het my verder in verwondering gelaat, ‘n mens kon nie glo dat jy in die ope-lig sulke klank gehalte kon verkry nie!
Dan begin die duisende manne saampak vir die Vrydagmiddag -aand se eerste sessie, die sangers was uitstekend. Die atmosfeer wat daar geheers het was onverklaarbaar. Jy voel hoe hoe jou hele liggaam hoendervleis word. Net om te kan deel-uitmaak van soveel mense (manne) wat almal net een doel voor oë het en dit is om jou eie afspraak met GOD na te kom, ‘n afspraak tussen honderde duisende manne maar dit bly nogtans ‘n dialoog tussen slegs jy en jou HERE alleen. Dan hoor jy weer die gebulder wanneer al daardie duisende mans en seuns se basstemme “amen” uitroep en die klank vir kilometers ver oor al die rante en klowe dra.
Elke keer wanneer oom Angus op die verhoog verskyn besef ‘n mens dadelik dat GOD hierdie gewone omie met sy hoed en ook altyd met sy Bybel in sy hand, tot die uiterste vir HOMSELF gebruik om mense-harte aan te raak. Hy het die vermoë om op ‘n eenvoudige dog praktiese manier vir GOD direk in jou hart in te lei! Ek dink dat die HERE juis vir oom Angus as werktuig gebruik omdat hy so opreg en so eerlik en op almal se vlak op die man-af met jou kan praat. Vir ‘n oomblik het ek daaraan gedink hoeveel kritiek daar ook elke jaar na so ‘n Mighty Men kan wees en het gewonder hoekom dan so . . . ek het my eie gedagtes maar net dadelik gesmoor deur vir myself te sê dat dit moontlik jaloesie, of dalk maar ‘n teen-aanval van die Duiwel kan wees.
Op daardie stadium was die weer druigend en het almal gevrees dat die sluise enige oomblik kan oopgaan en dit kon katastrofies wees! Oom Angus het ewe kalm die mense die versekering gegee dat dit nie sal reën voor die aand se verrigtinge afgehandel is nie, mense sê mos hy dink hy is die “weatherman” maar nee hy is eintlik die “Weatherman” se seun. Hy het reeds vir 5 dae gebid en die HERE gevra dat dit nie moet reën nie. Getrou aan GOD se belofte het die weer presies nadat die aand se verrigtinge afgehandel was eers uitgesak. Hierdie was vir my persoonlik die grootste openbaring en kry ek nou nog ‘n knop in die keel as ek daaraan dink. Nog was dit nie die einde nie, dit het daardie hele nag gereën en het die mis swaar oor die duisende tentjies gehang. Die volgende oggend toe ons weer ons plekke inneem het die weer reeds regoor die gebied van daardie plaas oopgetrek en het die son heerlik warm oor die plaas geskyn met wolke regrondom daardie spesifieke gebied. Nee my vriend en vriendin dit was nie toeval nie dit kan ek uit my eie hart getuig.
Ek het deurentyd gesien hoe geharde-manne hier oral om my verkrummel en in trane vir die eerste-keer tot die besef kom dat hy nog nooit werklik vir GOD in sy lewe gehad het nie. Ander was sy lewe lank soekende, net om dan skielik vir GOD te ontdek. ‘n Mens kan nie hierdie dinge verklaar nie of selfs nie eers mooi beskryf nie. Hier binne jou kan jy voel dat jy die regte tyd op die regte plek is en dat jy dit vir niks in die wêreld sal wil verruil nie. Jy sien hoe almal om jou begeesterd is en net spontaan aan alles deelneem.
Ek was ook in verwondering om te aanskou wat daar tussen en in die duisende tente en voertuie gebeur het. Dit was asof daardie duisende mans almal vir die hele naweek deur die Heilige Gees vervul was, dink maar self, dit is mos nie normaal nie, oral kon jy sien hoe mense om en onder hulle tentjies in hul groepies sit en bid of Bybellees. Manne staan en gewydeliedjies sing, dit terwyl hulle kosmaak of hulleself was of wat ookal. Jy sien hoe manne met ‘n groot “banner” hoog bo-kant sy kop loop, met die woorde “I love JESUS” daarop, en dan doelbewus vorentoe stap sodat al die duisende ander mans dit kan aanskou! Daar is fout as iemand nie deur so ‘n gesig aangeraak voel nie.
Na die naweek se ervarings en weer oppad huistoe, het ons aanhoudend oor die afgelope Mighty Men en die afgelope gebeure gepraat, en was dit wonderlik om te kon hoor dat almal van ons geweldig verryk gevoel het en dat elkeen van ons ‘n eie ervaring en ‘n persoonlike ontmoeting elk op sy eie manier, met GOD gehad het.
Die 3 grootste motiverings-lesse wat ons ontvang het (daaroor het ons saamgestem) was die volgende:
1) Ons as manne moet nou teruggaan met die verantwoordelikheid om weer leiding te begin neem in ons eie huise, werksplekke en vriendekringe en om GOD se Almag te erken en te bely en daarvolgens te lewe. Ons kan en sal bydra om Suid-Afrika weer heel te maak.
2) Ons moet dit wat tussen elkeen van ons en ons HERE staan gaan regmaak en dan daarvandaan net vorentoe beweeg sonder om ooit weer om te kyk!
3) “What a man is, so he sees” deur positief en gemotiveerd op te tree sal jou totale uitkyk op die lewe verander.
Dankie HERE dat U slegs deur U Genade weer so naby aan so baie mense gekom het en bravo aan Angus Buchan en al die Mighty Men (of jy nou in Greytown was of nie), ons sal soos wat GOD van ons verwag, weer van Suid-Afrika ‘n waardige tuiste vir almal maak!

Monday, 15 February 2010
Mighty Men 10 update 2
OVEN FRESH MMC NEWS
• Camp bookings grew 3x more than same time last year
• No live TV coverage this year
• People as far as Singapore, Dubai, USA, UK and Australia are coming
• What does Mighty Men of God mean?
• Stats: The following material were downloaded and distributed in their thousands on www.mmc2010.com.
• 108,000 following on Facebook globally.
• Volunteers needed. Especially traffic officials etc.
• Watch MMC documentary on Kruiskyk. 15 Feb 19:30. Info- www.kruiskyk.tv.
• Aviation into Greytown contact: Wiam Bekker wnb@vodamail.co.za or 082 331 4534
WHY BOOK NOW??
Because there are no traffic jokes on the farm like in the cities.
SERIOUSLY MEN book early!!
Book here!

- • Posters - 2016
- • Bumper stickers - 237
- • Car magnets - 152
- • TV ad - 399
- • Radio ad Afrikaans - 191
- • Radio ad English - 179
• 108,000 following on Facebook globally.
• Volunteers needed. Especially traffic officials etc.
• Watch MMC documentary on Kruiskyk. 15 Feb 19:30. Info- www.kruiskyk.tv.
• Aviation into Greytown contact: Wiam Bekker wnb@vodamail.co.za or 082 331 4534
WHY BOOK NOW??
Because there are no traffic jokes on the farm like in the cities.
SERIOUSLY MEN book early!!
Book here!
Subscribe to:
Posts (Atom)