Saturday, 5 June 2010

Mighty Men 2010 . . . nou is die tyd!

“Now is the time to Worship, time for your live to shine.

One day every tongue will confess HIM as GOD and -

every knee will bow, now is the time to give your heart.

It’s time for the Kingdom of our GOD to be revealed;”

Mens sien nog steeds hoe duisende der duisende mans saam vergader

jy voel die hoender-vleis aan jou lyf . . . jy weet GOD is wérklik daar!

Elke siel word deur HOM op een of ander wyse krágtig aangeraak . . .

jy weet dat die Duiwel sidder . . . jy sien met jou eie oë dis regtig waar!

Ek hoor nog die stemme van der-duisende manne

wat weergalm tot daar ver oor berge en oor klowe!

Ek sien nog hoe geharde-manne om my verbrokkel

en hulle stukkende harte in trane aan GOD belowe!

Daar was ‘n gewyde-atmosfeer . . so asof die HERE

rondom en binne mens is . . .ek kan dit nie beskryf!

Genadiglik kon ek dit self ervaar . . . dit self belewe

‘n wonderlike gevoel aan jou eie siel en aan jou lyf!

Ek sien hoe GOD ‘n gewone ou-man met ‘n hoed

en met sy Bybel gebruik om met manne te praat.

Ek het dit self aanskou wat se diepe nalatingskap

het dit op vele manne se lewens en harte gelaat!

Donker wolke het swáár oor die landskap gehang

maar deur opreg te bid het GOD géén reën beloof.

Die wind was stil . . . die wolke deur HOM verseël

vertoning deur GOD, waar mens bid in die Geloof!

Pa’s en seuns vind weer mekaar, verenig voor GOD

en besef weer opnuut wat die VADER van jou vereis!

Een, o nee selfs ‘n tweede hart-aanval daar in die veld

maar daarmee wou GOD aan almal SY Almag bewys!

Ons moet ons mense waarsku . . . dis tyd om te verander

as die Wagters op die mure moet ons die trompette blaas!

Suid-Afrika moet weet daar is regtig Hoop vir die toekoms

Satan hou maar op met jou verwoesting . . . en al jou geraas!

Maar ek wil vandag vir U sê HERE . . . luister asseblief na my

skenk my U Genade . . . maar ek wil U onvoorwaardelik dien!

Ek wil nooit weer omkyk nie . . . my ploegvore moet reguit loop

die wêreld móét dit weet . . . almal moet dit aan my lewe kan sien!


GERT FOURIE

No comments: